Gaan na hoofinhoud

Psalm 85

maandag 24 augustus 2026

Vers 1
U het, o HEER, u land weer guns bewys
en Jakobs saad uit knegskap op laat rys:
hul misdaad, wat u heil'ge toorn verwek,
was weg; hul sondes almal toegedek.
U het u gramskap eind'lik afgeweer;
die hitte van u toorn was daar nie meer.
O God van heil, besoek nou weer u land,
en laat u toorn nie meer teen ons ontbrand.

"Vertrouw op de HEERE met geheel uw hart, en leun niet op uw eigen inzicht."

— Spreuken 3:5