Psalmen menu
Psalm 134
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
O priesters, wat voor God bly staan,
wanneer die sonlig ondergaan,
wanneer die laaste straal verskiet -
o loof die HEER in sang en lied!
wanneer die sonlig ondergaan,
wanneer die laaste straal verskiet -
o loof die HEER in sang en lied!
Vers 2
O hef vir ons 'n naglied aan,
wanneer ons weer van hier moet gaan;
hef priesterlike hande en pleit,
as alles rus in donkerheid.
wanneer ons weer van hier moet gaan;
hef priesterlike hande en pleit,
as alles rus in donkerheid.
Vers 3
Die HEER se seen sal met u gaan,
en ons sal biddend voor Hom staan.
Hy wat beveel en - dit geskied,
Hy sal sy seen oor u gebied.
en ons sal biddend voor Hom staan.
Hy wat beveel en - dit geskied,
Hy sal sy seen oor u gebied.
Vers 4
Laat, HEER, u seën op hul daal,
u guns uit Sion hul bestraal!
U wat beveel en - dit geskied,
wil, HEER, u seen oor hul gebied!
u guns uit Sion hul bestraal!
U wat beveel en - dit geskied,
wil, HEER, u seen oor hul gebied!
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl