Psalmen menu
Psalm 11
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
Ek skuil by God in al my onweersdae.
Hoe sê jul dan in kleingeloof vir my:
"Vlug soos 'n duif met snelle vleuelslae
na die gebergt', van vrees en vyand vry!"
"Hul span die boog; die pyl' is op die snare,
om die opregte heimlik te laat ly.
Wat kan hy doen teen die geweldenare?"

Vers 2
Daar is 'n God, 'n God wat hoog verhewe
uit sy paleis – sy bouwerk is so skoon! –
die oog het op wie laag op aarde lewe;
sy oordeel vel Hy van sy hoë troon.
Die HERE toets hul wat regverdig lewe,
maar haat hom wat selfs 'n gewelddaad hoon;
hy word aan strikk' en vuurgloed oorgegewe.

Vers 3
Die HEER is reg, regverdig en ewig trou.
Hy min die reg en sal slegs daarop bou.
Die opregtes sal Gods aangesig aanskou.
Hy min die reg en sal slegs daarop bou.
Die opregtes sal Gods aangesig aanskou.
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl