Psalmen menu
Psalm 62
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
Gewis, my siel is stil tot God!
My redding kom op sy gebod,
geen vyand hoef ek nou te dug nie.
Hy is my rots, 'n skans vir my,
Hy sal my voetstap ook dán lei
wanneer ek nêrens meer kan vlug nie.
My redding kom op sy gebod,
geen vyand hoef ek nou te dug nie.
Hy is my rots, 'n skans vir my,
Hy sal my voetstap ook dán lei
wanneer ek nêrens meer kan vlug nie.
Vers 2
Hoe lank, o wreedaards, soek jul dan
die onheil nog van so 'n man,
'n enige wat diep in nood is?
teen hom soos teen 'n muur wat hang,
'n klipmuur wat al omgestoot is?
die onheil nog van so 'n man,
'n enige wat diep in nood is?
teen hom soos teen 'n muur wat hang,
'n klipmuur wat al omgestoot is?
Vers 3
Hul soek om van sy hoë plek,
deur God bepaal, hom neer te trek.
Hul het in leuentaal behae.
Hul mond is seën, liefde, guns,
maar in hul hart - die leuenkuns,
met ywersug en vloek en plae.
deur God bepaal, hom neer te trek.
Hul het in leuentaal behae.
Hul mond is seën, liefde, guns,
maar in hul hart - die leuenkuns,
met ywersug en vloek en plae.
Vers 4
Maar jy, my siel, swyg stil voor God,
beskikker van jou lewe en lot,
wat nooit sy woord ontrou sal wees nie.
God is my rots, 'n skans vir my,
Hy sal my voetstap veilig lei,
ek hoef geen wankeling te vrees nie.
beskikker van jou lewe en lot,
wat nooit sy woord ontrou sal wees nie.
God is my rots, 'n skans vir my,
Hy sal my voetstap veilig lei,
ek hoef geen wankeling te vrees nie.
Vers 5
In God is al my heil, my eer,
my sterke rots en teëweer.
God is my toevlug in die lewe.
Vertrou op Hom, o volk, in smart
stort voor Hom uit jul hele hart,
God is 'n skuilplek, hoog verhewe.
my sterke rots en teëweer.
God is my toevlug in die lewe.
Vertrou op Hom, o volk, in smart
stort voor Hom uit jul hele hart,
God is 'n skuilplek, hoog verhewe.
Vers 6
Hoe nietig is die mensekind;
ook hy wat roem en aansien vind
is enkel waan, 'n skimverskyning.
Saam in die weegskaal opgeweeg
is hulle niks nie, nietig, leeg,
'n môrewolk in sy verdwyning.
ook hy wat roem en aansien vind
is enkel waan, 'n skimverskyning.
Saam in die weegskaal opgeweeg
is hulle niks nie, nietig, leeg,
'n môrewolk in sy verdwyning.
Vers 7
Vertrou nie op geroofde geld,
tirannemag of handgeweld,
of op die vastheid van jou gang nie.
As rykdom jou sy vreug berei,
jou met sy skynsel wil verlei,
laat dan jou hart nie daaraan hang nie.
tirannemag of handgeweld,
of op die vastheid van jou gang nie.
As rykdom jou sy vreug berei,
jou met sy skynsel wil verlei,
laat dan jou hart nie daaraan hang nie.
Vers 8
'n Godspraak ruis my in die oor.
Twee woorde het ek toe gehoor:
"By God alleen is sterkte en kragte!"
"Ook is by U die goedheid, HEER!
Dus is daar vir die sterfling weer
vergelding na sy werk te wagte.
Twee woorde het ek toe gehoor:
"By God alleen is sterkte en kragte!"
"Ook is by U die goedheid, HEER!
Dus is daar vir die sterfling weer
vergelding na sy werk te wagte.
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl