Psalmen menu
Psalm 74
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
Waarom, o God, vind ons geen medely?
Waarom verdryf u toorn ons altyd verder
Ons is u kudde, U die kuddeherder
wat deur u hand ons uit en in wou lei.
Waarom verdryf u toorn ons altyd verder
Ons is u kudde, U die kuddeherder
wat deur u hand ons uit en in wou lei.
Vers 2
Dink aan u volk, aan u gemeente weer,
wat U voorheen as gunsvolk uitgelei het,
die stam wat U as erfdeel toe verkry het
aan Sions berg, u woonplek van weleer.
wat U voorheen as gunsvolk uitgelei het,
die stam wat U as erfdeel toe verkry het
aan Sions berg, u woonplek van weleer.
Vers 3
Hef op u voete na die eewge puin!
Dit is u heiligdom wat neergestort het,
van plunderaars geheel 'n prooi geword het!
Hoog rys hul vaandel nou op Sions kruin.
Dit is u heiligdom wat neergestort het,
van plunderaars geheel 'n prooi geword het!
Hoog rys hul vaandel nou op Sions kruin.
Vers 4
Hul hamers het die houtwerk neergeslaan;
hul byle het geswaai, gekap, gekerwe,
hul ruwe hand die tempelskoon bederwe,
verdelgingsvuur oor alles heen laat gaan.
hul byle het geswaai, gekap, gekerwe,
hul ruwe hand die tempelskoon bederwe,
verdelgingsvuur oor alles heen laat gaan.
Vers 5
U heiligdom is deur die vuur geskend;
niks kon sy glans teen hul geweld beveilig.
Die pronkpaleis, u woning, is ontheilig,
tot puin en as het hul dit omgewend.
niks kon sy glans teen hul geweld beveilig.
Die pronkpaleis, u woning, is ontheilig,
tot puin en as het hul dit omgewend.
Vers 6
Hul het gesê:"Laat ons met ruwe hand
hul almal saam verdruk deur strafgerigte."
Hul ruwe vuis het al die Godsgestigte,
u Naam tot hoon, verbrysel en verbrand.
hul almal saam verdruk deur strafgerigte."
Hul ruwe vuis het al die Godsgestigte,
u Naam tot hoon, verbrysel en verbrand.
Vers 7
Ons sien geen tekens in die donker uur
van u verbond, en daar s geen profete
wat ons meer troos of bring die dieper wete
hoe lank ons druk en hartseer nog moet duur.
van u verbond, en daar s geen profete
wat ons meer troos of bring die dieper wete
hoe lank ons druk en hartseer nog moet duur.
Vers 8
Hoe lank, o God, sal nog die teenparty
ons smaad en tart? Sal dan in ewighede
u Naam beskimp word in sy lasterrede?
Wat toef U nog en trek u hand tersy?
ons smaad en tart? Sal dan in ewighede
u Naam beskimp word in sy lasterrede?
Wat toef U nog en trek u hand tersy?
Vers 9
Strek uit u hand, die regterhand so sterk,
vernietig hul, die skenders van u woning!
U is, o God, van ouds af tog my Koning,
U wat op aard' verlossingswonders werk.
vernietig hul, die skenders van u woning!
U is, o God, van ouds af tog my Koning,
U wat op aard' verlossingswonders werk.
Vers 10
Mag die ontwaak, u hand, en hul verstrooi -
U wat voorheen in stormsee al die drake,
seemonsters, Leviatans ope kake
oorweldig het, die roofgediert' ten prooi.
U wat voorheen in stormsee al die drake,
seemonsters, Leviatans ope kake
oorweldig het, die roofgediert' ten prooi.
Vers 11
U guns, o HEER, was oor ons van omhoog,
't sy U fonteine uit 'n rots laat spring het,
of waters, wat uit dieptes saamgedring het,
'n volle stroom, deur U is uitgedroog.
't sy U fonteine uit 'n rots laat spring het,
of waters, wat uit dieptes saamgedring het,
'n volle stroom, deur U is uitgedroog.
Vers 12
Aan U behoort die son wat ons bestraal,
die sterrenag is maaksel van u hande,
die see wat spoel langs vasgestelde strande;
die jaarseisoen het U vir ons bepaal.
die sterrenag is maaksel van u hande,
die see wat spoel langs vasgestelde strande;
die jaarseisoen het U vir ons bepaal.
Vers 13
Gedenk hieraan, o God van grote krag:
Vermeetle tonge het u Naam gelaster;
die vyand, van u vrees en diens verbaster, ]
het U geterg, gehoon in u gesag.
Vermeetle tonge het u Naam gelaster;
die vyand, van u vrees en diens verbaster, ]
het U geterg, gehoon in u gesag.
Vers 14
Gee aan gediert' wat om ons roof en skeur,
die lewe van u tortelduif nie oor nie;
laat dit nie wees asof U ons nie hoor nie,
asof U ons vergeet het altyddeur.
die lewe van u tortelduif nie oor nie;
laat dit nie wees asof U ons nie hoor nie,
asof U ons vergeet het altyddeur.
Vers 15
Ons is omring deur skrik en duisterheid:
uit donker plekke loer die onheilsmagte.
Maar bo ons skyn die helder sterrewagte
van u verbond, waarop ons voor U pleit.
uit donker plekke loer die onheilsmagte.
Maar bo ons skyn die helder sterrewagte
van u verbond, waarop ons voor U pleit.
Vers 16
Mag ons, o HEER, u bystand maar erlang!
Maak ons in ons gebedsroem nie verleë.
Staan op, o God, en stap u vyand teë,
sodat ons U kan grootmaak in gesang.
Maak ons in ons gebedsroem nie verleë.
Staan op, o God, en stap u vyand teë,
sodat ons U kan grootmaak in gesang.
Vers 17
Vergeet nie, HEER, die onverdraag'bre hoon,
die spotgeroep van al u teenpartyders,
rumoerigheid van al u magsbestryders,
wat tartend opstyg na u hemeltroon.
die spotgeroep van al u teenpartyders,
rumoerigheid van al u magsbestryders,
wat tartend opstyg na u hemeltroon.
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl