Psalmen menu
Psalm 58
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
Spreek jul wel waarlik reg, o regters?
En vonnis jul die mense reg?...
Jul hart is ver, ver daarvan weg,
en in jul hand is gruweldade.
Die bose is net afvalligheid,
die leuenspreker dwaal altyd.
En vonnis jul die mense reg?...
Jul hart is ver, ver daarvan weg,
en in jul hand is gruweldade.
Die bose is net afvalligheid,
die leuenspreker dwaal altyd.
Vers 2
Hul gif is dood die gif van slange.
Hul is soos adders wat nie hoor -
geen towerspreuk kan hul bekoor.
O God, verbreek nou hulle tande!
Die jong, sterk leeus, belus op buit -
o HERE, slaan hul tande uit!
Hul is soos adders wat nie hoor -
geen towerspreuk kan hul bekoor.
O God, verbreek nou hulle tande!
Die jong, sterk leeus, belus op buit -
o HERE, slaan hul tande uit!
Vers 3
Laat hul vergaan, verdwyn soos water.
En laat hul pyle magt'loos blyk.
'n Slak wat wegsmelt in sy slyk
sover hy kruip - maak so hul gange!
Laat soos 'n misdrag hul verdwyn,
waaroor geen sonlig ooit sal skyn.
En laat hul pyle magt'loos blyk.
'n Slak wat wegsmelt in sy slyk
sover hy kruip - maak so hul gange!
Laat soos 'n misdrag hul verdwyn,
waaroor geen sonlig ooit sal skyn.
Vers 4
Voordat hul spys die gloed gewaar het,
storm God dit weg saam mét die vuur!
Regverdiges beleef die uur
van wraakvergelding ná hul lyde.
Ja, daar's 'n God wat waar en reg
die mens se saak op aard' besleg.
storm God dit weg saam mét die vuur!
Regverdiges beleef die uur
van wraakvergelding ná hul lyde.
Ja, daar's 'n God wat waar en reg
die mens se saak op aard' besleg.
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl