Psalmen menu
Psalm 114
Kies een berijming om te vergelijken
Berijming laden...
Vers 1
Toe Israel uit die Egipteland,
die land van 'n volk met 'n vreemde spraak,
getrek het, het God Juda
as sy ewige heiligdom gemaak
en Israel gemaak sy ryksgebied,
waaroor sy kroonsepter waak.
die land van 'n volk met 'n vreemde spraak,
getrek het, het God Juda
as sy ewige heiligdom gemaak
en Israel gemaak sy ryksgebied,
waaroor sy kroonsepter waak.
Vers 2
Die see het dit gesien, en het gevlug;
die Jordaansrivier 't gewyk– waar is hy?
Berge het omhooggespring
asof skaapramme, wat staan ry aan ry;
en die heuwels soos 'n trop van lammers
wat daar wegvlug deur die wei.
die Jordaansrivier 't gewyk– waar is hy?
Berge het omhooggespring
asof skaapramme, wat staan ry aan ry;
en die heuwels soos 'n trop van lammers
wat daar wegvlug deur die wei.
Vers 3
Wat is dit met jou, see, dat jy moet vlug?
O Jordaansrivier, waarom steier jy?
Berge, waarom spring jul rond
asof skaapramme, wat staan ry aan ry?
En die heuwels, soos 'n trop van lammers
wat daar wegvlug deur die wei?
O Jordaansrivier, waarom steier jy?
Berge, waarom spring jul rond
asof skaapramme, wat staan ry aan ry?
En die heuwels, soos 'n trop van lammers
wat daar wegvlug deur die wei?
Vers 4
Beef, aarde, beef voor Jakobs HERE God,
en wees voor Hom verskrik en wees verras!
Hy wat die rots beveel het –
waarna dit terstond word 'n waterplas;
sodat 'n waterfontein uitbreek daar
waar eers 'n kei-klipsteen was.
en wees voor Hom verskrik en wees verras!
Hy wat die rots beveel het –
waarna dit terstond word 'n waterplas;
sodat 'n waterfontein uitbreek daar
waar eers 'n kei-klipsteen was.
Afrikaans
—
Verwante psalmen
Isometrisch
Ritmisch
Muziek: pcorgel.nl